Sit dit voor met ’n sitrus- of bessiesous en saggeklopte room.

¦ 4 eiers

¦ 1 blik (397 g) kondensmelk

¦ 250 ml dik, natuurlike jogurt

¦ 180 ml bruismeel

¦ Knippie sout

¦ 80 ml gesmelte botter

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n middelslagoondbak.

Klits die eiers baie goed vir ongeveer 5 minute. Voeg die kondensmelk en jogurt by en klits goed. Voeg die kondensmelkmengsel by die meel en sout en meng tot ’n gladde beslag. Voeg die gesmelte botter by en meng goed.

Giet in die voorbereide oondbak en bak vir 30-40 minute, of tot net-net ferm. Lewer 6-8 porsies.