¦ 30 ml olie
¦ 1 ui, gekap
¦ 125 g sampioene, gesnipper
¦ 125 g geurige kouevleis, soos salami, gaar spekvleis of gerookte ham, gesnipper
¦ 250 ml gerasperde cheddarkaas
¦ 1 wiel fetakaas, gekrummel
¦ 30 ml fyngekapte pietersielie
¦ 80 ml bruismeel
¦ Sout en swartpeper na smaak
¦ 4 eiers, geklits
¦ 375 ml melk
Voorverhit die oond tot 190 grade C en smeer ’n middelslag-tertbord. Verhit die olie en braai die uie en sampioene tot gaar. Laat effens afkoel en roer die kouevleis, kase en pietersielie by. Sprinkel die meel, sout en peper oor en roer deur. Klits die eiers en melk saam en voeg by. Roer tot goed gemeng. Giet egalig in die voorbereide oondbak en bak vir ongeveer 30 minute, tot die tert ferm en goudbruin is. Laat effens afkoel en sit voor met ’n mengelslaai. Lewer agt porsies.
Teken HIER vir ons kosnuusbrief in en ontvang elke twee weke ‘n gratis nuusbrief met heerlike resepte en artikels.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier