• 30 ml olie
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 1 pak (250 g) spekvleis, fyn gesnipper
  • 80 ml bruismeel
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 375 ml melk
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 125 ml gesnipperde brie of camembert
  • 45 ml fyngekapte, vars kruie van jou keuse
  • 4 eiers, geklits

Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ’n middelslag-tertbord met botter of olie. Verhit die olie en braai die ui en spek stadig daarin tot die ui sag en die spek gaar is.

Sprinkel die meel, sout en peper oor en braai tot die mengsel begin borrel. Voeg die melk by en verhit, terwyl geroer word, tot die mengsel begin prut. Verwyder van die hitte en roer die kaas, kruie en geklitste eiers by. Giet in die voorbereide tertbord en bak vir ongeveer 30 minute, tot goudbruin en ferm. Sit louwarm of teen kamertemperatuur voor.

Lewer 8-10 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.