Smeermengsel
30 ml rooiwyn
30 ml Marmite
30 ml gladde Dijon-mosterd
30 ml sagte bruinsuiker
30 ml olyfolie
5ml vars tiemie, gekap
Vleis
Eengroot lamsblad
60 ml pienk peperkorrels
200ml lamsaftreksel
Maldon-soutvlokkies na smaak
Voorverhit die oond tot 100 °C. Kry ’n oondpan uit die kas. Meng ál die bestanddele vir die smeersel goed saam en vryf die vleis goed daarmee in. Sprinkel die peperkorrels oor en geur met die sout. Plaas die vleis in die oondpan, voeg ’n bietjie water by, en bak die vleis onbedek in die oond vir ses tot sewe uur tot smulsag en gekarameliseer. Sit warm of koud voor saammet granate en vars dadels. Lewer ses porsies.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier