4 heel lamskenkels

Sout en varsgemaalde swartpeper

15 ml dijonmosterd

Skeut olyfolie

3 uie, in wiggies gesny

250 ml rooiwyn

250 ml muskadel

250-500 ml vleisaftreksel

Paar takkies roosmaryn

3 kwepers, gewas en gehalveer

Voorverhit die oond tot 170 °C. Geur die vleis met sout en peper. Meng die mosterd met ’n skeut olyfolie en smeer dit oor die skenkels.

Pak die uiewiggies in ’n oondbak en laat die skenkels bo-op lê. Meng die rooiwyn, muskadel en aftreksel en giet dit oor die skenkels. Voeg die roosmaryn en gehalveerde kwepers by.

Bedek goed en bak vir ongeveer 2½-3 uur (na gelang van die grootte van die skenkels) tot die vleis sag is en van die skenkelbene begin loskom.

Skep die skenkels uit en bedek. Giet die pansouse en uie af in ’n kastrol en kook dit vinnig tot dit stroperig begin word. Skep die skenkels terug in die warm sous en sit voor op patatkapok.

Lewer 4 groot porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.