4 heel lamskenkels
Sout en varsgemaalde swartpeper
15 ml dijonmosterd
Skeut olyfolie
3 uie, in wiggies gesny
250 ml rooiwyn
250 ml muskadel
250-500 ml vleisaftreksel
Paar takkies roosmaryn
3 kwepers, gewas en gehalveer
Voorverhit die oond tot 170 °C. Geur die vleis met sout en peper. Meng die mosterd met ’n skeut olyfolie en smeer dit oor die skenkels. Pak die uiewiggies in ’n oondbak en laat die skenkels bo-op lê. Meng die rooiwyn, muskadel en aftreksel en giet dit oor die skenkels. Voeg die roosmaryn en gehalveerde kwepers by.
Bedek goed en bak vir ongeveer 2½-3 uur (na gelang van die grootte van die skenkels) tot die vleis sag is en van die skenkelbene begin loskom. Skep die skenkels uit en bedek. Giet die pansouse en uie af in ’n kastrol en kook dit vinnig tot dit stroperig begin word. Skep die skenkels terug in die warm sous en sit voor op patatkapok.
Lewer 4 groot porsies.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier