As jy hou van kos met ’n byt, kan jy ’n bietjie fyngekapte brandrissie by die marinade voeg.

Wenk: Omdat lamsribbetjie so ryk is, is dit altyd ’n goeie plan om ’n bietjie asyn of suurlemoensap daarby te gebruik as jy dit gaarmaak. Dit sny deur die ergste vetterigheid.

Marinade

- 300 ml rooibostee

- 175 ml olyfolie

- 175 ml tamatiesous

- 175 ml blatjang

- 45 ml worcestersous

- 80 ml balsamiese asyn

- 1 gekapte knoffelhuisie

- 7 ml aangemaakte mosterd

- 1 ui, fyngekap

- 1 ml Tobascosous

- 1 kg lamsribbetjies

- Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Meng ál die bestandele vir die marinade, verhit tot kookpunt en laat vir ’n paar minute prut. Sodra die marinade afgekoel is, marineer die ribbetjies 4 uur lank daarin.

Verwyder die ribbetjie ná die marinering uit die sous en druk dit effens droog met ’n  papierhanddoek. Geur met sout en peper. Braai die ribbetjies oor matige kole vir 20 tot 25 minute. Bedruip herhaaldelik met die res van die marinade. Lewer 6 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.