1,25 kg vrugtekoekmengsel

500 g dadels, fyn gesnipper

500 g verglansde vrugte

125 grooi glanskersies

500 ml brandewyn

500 ml suiker

500 g botter

4 eiers

820 ml koekmeel

5 ml koeksoda

3 ml fyn kaneel

3 ml fyn gemmer

3 ml foelie ("mace")

Dag 1: Meng die vrugtekoekmengsel, dadels, verglansde vrugte, kersies en brandewyn saam, bedek en laat staan vir 24 uur.

Dag 2: Voorverhit die oond tot 150°C en voer ’n diep pan van 26 cm met drie lae bakpapier uit. Draai ’n kraag van bruinpapier buite-om.

Verroom die suiker en botter saam tot lig en romerig.

Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die vrugte-en-brandewynmengsel by en roer goed.

Voeg die meel, koeksoda, kaneel, gemmer en foelie ("mace") by en meng goed. Skep in die voorbereide pan, smeer gelyk en bak vir ongeveer 3 uur of tot deurgaar.

Laat in die pan afkoel. Lewer een groot koek.

Nota: Geen brandewyn hoef ná die tyd oor die koek gegooi te word nie. Sodra dit afgekoel is, is dit reg om te eet en proe dit of dit vir maande rypgemaak is.

Die koek hou vir minstens 1 jaar in die ys- of vrieskas (mits lugdig verpak).

Teken HIER vir ons kosnuusbrief in en ontvang elke twee weke ‘n gratis nuusbrief met heerlike resepte en artikels.