Ongeveer 30 jongworteltjies, skoongeskraap indien nodig
60 ml gesmelte botter
Fyngerasperde skil van 1 lemoen
60 ml lemoensap
15 ml heuning
Sout en vars gemaalde swartpeper
Skeut vars lemoensap
Gekapte, vars pietersielie en kruisement (of tiemie), om af te rond

Voorverhit die oond se roosterelement. Verhit ’n pot water tot kookpunt en blansjeer die wortels vir ’n paar sekondes daarin. Dreineer goed.

Meng die gesmelte botter, lemoenskil, lemoensap, heuning, sout en peper goed saam. Skep die wortels in die oondbak en giet die sitrussous oor. Meng goed deur.

Oondrooster tot die wortels deurgaar, gekaramelliseer en taaiblink is. Skud die bak nou en dan en pasop vir brand. Lewer 6 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.