1 pak (250 g) spekvleis, gesnipper

125 ml olyfolie

4 knoffelhuisies, dun gesny

1 rooi brandrissie, ontpit en baie dun gesny

750 g kersietamaties

125 ml vars room

1 pak (500 g) lintnoedels Sout en varsgemaalde swartpeper

45 ml vars, gekapte platblaarpietersielie

Parmesaanskaafsels, om af te rond

Braai die spek in ’n groot, droë pan tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Verhit die olyfolie in dieselfde pan en braai die knoffel en brandrissie daarin tot geurig, maar moenie die knoffel bruin braai nie.

Voeg die kersietamaties by en braai tot die skille oopbars. Verwyder van die hitte en voeg die spekvleis en room by.

Terwyl die tamaties braai, kook die lintnoedels in ’n groot kastrol vinnig kokende soutwater tot net gaar. Dreineer en voeg dadelik by die warm tamatiesous.

Geur na smaak met sout en peper en sit dadelik voor. Rond af met pietersielie en parmesaanskaafsels.

Lewer 6 porsies