Kors

1 x 200 g pakkie Tennisbeskuitjies

100 ml gesmelte botter

Vulsel

2 x 230 g houers gladde maaskaas

250 ml room

250 ml strooisuiker

100 ml suurlemoensap

15 ml gelatien

Suurlemoensmeer, vrugtesmeer, vars vrugte of ganache om oor te smeer

Vir die kors: Maak die beskuitjies fyn en voeg die gesmelte botter by. Meng goed. Smeer ’n veerklamppan van 22 cm met ’n bietjie gesmelte botter en druk die krummelmengsel op die bodem en teen die kante van die pan vas. Verkoel. Vir die vulsel: Klits die maaskaas, room en strooisuiker saam tot glad.

Verhit die suurlemoensap tot net onder kookpunt en verwyder van die hitte. Sprinkel die gelatien oor en roer tot opgelos. Voeg by die maaskaasmengsel en klits deur. Giet die mengsel versigtig in die krummelkors en verkoel oornag tot ferm. Versier met vars vrugte of smeer suurlemoensmeer oor. B?re in die yskas. Lewer 12 porsies.

Teken HIER vir ons kosnuusbrief in en ontvang elke twee weke ‘n gratis nuusbrief met heerlike resepte en artikels.