Melkkos is pure nostalgie. Dis trooskos en dis natuurlik ook nie duur om te maak nie (seker daarom dat ons dit so baie in die koshuis gekry het).
¦ 2 liter volroommelk
¦ 310 ml koekmeel
¦ 3 ml sout
¦ 45 ml botter
¦ Kaneelsuiker, om mee voor te sit
Verhit die melk in ’n groot kastrol tot net onder kookpunt. Terwyl die melk warm word, meng die meel en sout saam in ’n bak en vryf die botter daarby in met jou vingerpunte (jy kan dit ook in ’n voedselverwerker doen). Sprinkel die meelmengsel bo-op die kokende melk en roer dit met ’n houtlepel tot goed gemeng.
Prut oor lae hitte vir ongeveer 10 minute, terwyl jy roer, tot verdik en gaar. Die mengsel moenie ’n gladde sous wees nie, dit moet klonterig wees. As daar egter te groot klonte vorm, gebruik ’n draadklitser om dit op te breek.
Sprinkel ’n lepel kaneelsuiker onder in elke bakkie, skep die kokende melkkos bo-op en sprinkel nog kaneelsuiker bo-op. Lewer 6-8 porsies.
Teken HIER vir ons kosnuusbrief in en ontvang elke twee weke 'n gratis nuusbrief met heerlike resepte en artikels.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier