Kors

  • 1 pakkie (200 g) Mariebeskuitjies, fyn gekrummel
  • 100 g botter, gesmelt
  • Knippie kaneel

Vulsel

  • 300 g pekanneute, grof gekap
  • 3 eiers
  • 125 ml klam bruinsuiker
  • 80 ml gouestroop of esdoringstroop (maple syrup)
  • Knippie sout
  • 40 ml gesmelte botter
  • 5 ml vanieljegeursel
  • Knippie fyn gemmer

Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n losboomtertpan van 20 cm met kleefwerende kossproei of smeer dit met botter. Meng die koekiekrummels, gesmelte botter en kaneel goed saam en druk dit stewig op die boom en teen die kante van die pan vas. Verkoel tot benodig. Skep die neute in die voorbereide kors.

Klits die eiers, bruin- suiker, stroop, sout, gesmelte botter, vanieljegeursel en gemmer goed saam en giet dit versigtig en egalig oor die neute. Sit die tertpan op ’n bakplaat en sit dit in die oond. Bak vir ongeveer 20-25 minute, tot die vulsel ferm en die neute goudbruin is. Haal die tert uit die oond en laat in die pan afkoel. Sit voor met geklopte room.

Lewer 8 porsies