• 45 ml botter
  • 250 g gesnipperde sampioene
  • 1 gaar hoender, ontbeen en gevlok
  • 100 ml uiemarmelade of gesmoorde uie
  • 1 houer grasuie-geur roomkaas
  • 200 ml melk
  • Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 rol (400 g) voorbereide blaardeeg
  • 1 eier
  • 45 ml melk

Voorverhit die oond tot 200 °C. Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene daarin tot gaar. Hou eenkant.

Meng die hoendervleis met die uiemarmelade of gesmoorde uie. Klits die roomkaas en 200 ml melk saam en voeg dit ook by. Geur na smaak met sout en peper en meng goed.

Rol die blaardeeg dun uit en sny in die helfte. Voer ’n gesmeerde middelslagoondbak met die een helfte uit. Skep die vulsel in en bedek met die ander helfte deeg. Maak vlak insnydings op die deeg.

Klits die eier en 45 ml melk saam en verf die deeg met die mengsel. Bak vir 15 minute en verlaag die oondtemperatuur tot 170 °C. Bak vir ’n verdere 20 minute of tot goudbruin en deurwarm.

Lewer 6 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.