60 ml olie

2 uie, gekap

2 rooi soetrissies, ontpit en in klein blokkies gesny

15 ml wit mosterdsaadjies

15 ml komynsaad

5 ml gemaalde koljander

5 ml gemengde speserye

2 brandrissies, ontpit en gekap

3 ryp maar ferm mango’s, geskil en grof gekap

360 ml wit asyn ¦ 560 ml suiker

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olie en braai die ui, soetrissie, mosterd- en komynsaad, koljander, gemengde speserye en brandrissie stadig oor lae hitte, tot die uie en soetrissie sag is.

Voeg die mangostukkies, asyn en suiker by en roer, terwyl verhit word tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en prut stadig tot verdik en geurig. Geur na smaak en bottel warm.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.