• 120 g sagte botter
  • 100 ml strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 2 ekstragroot eiers
  • 310 ml koekmeel
  • 7 ml bakpoeier
  • 45 ml marmelade
  • 45 ml melk
  • Versiersuiker, om oor te sif

Voorverhit die oond tot 170 °C en voer ’n klein, gesmeerde broodpannetjie met bakpapier uit. Smeer weer, of spuit met kleefwerende kossproei. Verroom die botter en suiker goed tot lig en donsig. Klits die vanieljegeursel by en voeg die eiers by. Klits goed. Sif die meel en bakpoeier oor die botter-en-eier- mengsel en voeg die marmelade en melk by.

Klits deur tot ’n dik beslag vorm. Skep die beslag in die voorbereide pan en bak vir ongeveer 45 minute tot goudbruin en deurgaar. Laat vir ’n paar minute in die pan afkoel voor jy die broodjie op ’n draadrak uitkeer om heeltemal af te koel. Sif versiersuiker oor die broodjie net voor dit voorgesit word.

Lewer 1 klein teebrood

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.