• 1 rol (400 g) blaardeeg
  • 30-45 ml Marmite
  • 250 ml fyngerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Rol die blaardeeg op ’n meelbestrooide werkoppervlak oop en rol die deeg effens dunner uit. Smeer ’n dun, egalige lagie Marmite oor die deeg. Sprinkel ’n dun, egalige lagie fyngerasperde kaas oor die Marmite.

Rol die deeg van die een lang kant af styf op (soos ’n konfytrol) tot reg in die middel. Rol nou die deeg van die ander lang kant af styf op, ook tot in die middel. Sny die gerolde deeg in skyfies van sowat 5 mm en pak dit op bakplate wat met bakpapier uitgevoer en liggies met kleefwerende kossproei gespuit is.

Bak vir 10-12 minute of tot die deeg opgepof, goudbruin en bros en die kaas gesmelt is. Haal uit die oond, laat effens afkoel op die bakplate en lig dan die palmiers versigtig met ’n eierspaan of slaplemmes op ’n draadrakkie om verder af te koel tot kamertemperatuur. Bêre in ’n lugdigte houer en eet binne twee dae.

Lewer 20 happies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.