Deeg

1 kg witbroodmeel
1 pakkie (10 g) kitsgis
10 ml fyn sout
5 ml suiker
60 ml olie
625 ml warm water

Sous

60 g botter
30 ml Marmite
200 ml room
250 ml gerasperde kaas

Meng die meel, gis, sout en suiker in ’n groot bak.Maak met jou hande ’n holte in die middel. Meng die olie en warm water in ’n beker en voeg dit bietije vir bietjie by die droë bestanddele, terwyl jy met jou hande meng tot ’n sagte deeg vorm. Knie die deeg op ’n meelbestrooide oppervlvak tot glad en elasties.

Smeer ’n grootbakmet olie, sit die deeg daarin en bedek losweg. Laat rys op ’n warm plek tot verdubbel in volume. Knie die deeg af en verdeel in ongeveer 20 ewe groot bolletjies. Pak die bolletjies in ’n groot, goed gesmeerde platboomswartpot, maak die pot toe en los dit op ’n warm plek om te rys tot die bolletjies goed uitgerys is.

Verhit nou die botter, Marmite en room stadig oor lae hitte tot glad. Giet die sous oor die bolletjies en bedek weer. Sit die swartpot op ’n lae staander oor ligte kole en skep ’n paar klein kooltjies op die deksel. Bak die brood stadig, vir ongeveer 40 minute, tot deurgaar.

Haal nou die deksel af, sprinkel die kaas oor en bedek weer vir ongeveer 5 minute tot die kaas lekker gesmelt is. Sit warm voor. Lewer ongeveer 15 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op Whatsapp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.