Speserypasta

¦ Sap van 1 suurlemoen

¦ 60 ml olyfolie

¦ 1 ui, grof gekap

¦ 45 ml vars koljanderblare, grof gekap

¦ 3 knoffelhuisies

¦ 15 ml elk gemaalde koljander, komyn, seesout, vars gemaalde swartpeper, paprika en heuning

¦ 30 ml vars gemmer

Vleis

¦ 45 ml olyfolie

¦ 1,5 kg lamskenkels, in skywe gesaag

¦ 2 uie, in wiggies gesny

¦ 2 knoffelhuisies, gekap

¦ 1 liter water

¦ 2 kaneelstokke

¦ Heuning, sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

¦ Dik jogurt, vars kruisement en vars koljander, om voor te sit

Maak eerstens die speserypasta. Sit al die bestanddele vir die pasta in ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Pak die vleis in ’n enkellaag in ’n niemetaalbak en giet die speserypasta daaroor.

Meng goed deur met jou hande. Bedek en laat marineer in die yskas vir 2 uur tot 2 dae. Meng af en toe deur om seker te maak dat die vleis egalig met die pasta bedek is.

Verhit die olyfolie in ’n groot swaarboomkastrol en braai die vleis in lotte bruin. Skep die vleis (en alle speserypasta wat in die bak agtergebly het) terug in die kastrol en voeg die uie, knoffel, water en kaneelstokke by. Verhit tot kookpunt, bedek en prut lank en stadig (vir 2½-3½ uur) tot die vleis baie sag en die sous geurig en afgekook is.

Geur na smaak met ’n druppel heuning, sout en peper. Meng ’n bietjie dik jogurt met gekapte, vars kruisement en koljander en sit ’n skeppie daarvan saam met elke porsie skenkels voor. Sit voor op koeskoes. Lewer 8 porsies.