Smeerkors

250 g sagte botter of margarien

60 ml suiker

5 ml vanieljegeursel

2 eiers

250 ml koekmeel

15 ml bakpoeier

Vulsel

125 ml koekmeel

125 ml mielieblom

Knippie sout

1,5 liter melk

1 groot kaneelstok

160 ml suiker

30 ml botter

5 ml vanieljegeursel

3 ml amandelgeursel

5 eiers, geskei

Fyn kaneel om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie aluminiumfoelie-tertborde of twee groot blikborde goed. Hou eenkant. 

Vir die kors: Verroom die botter en suiker goed. Klits die vanieljegeursel en eiers by. Voeg die koekmeel en bakpoeier by en pols tot ’n dik, smeerbare beslag. Smeer die mengsel op die boom en teen die kante van die tertborde of blikborde en sit in die yskas tot nodig. 

Vir die vulsel: Meng die koekmeel, mielieblom en sout met 250 ml van die melk tot ’n gladde mengsel. Verhit intussen die res van die melk en die kaneelstok tot net onder kookpunt. Voeg 

500 ml daarvan by die meelmengsel en meng goed. Giet alles terug in die kastrol, voeg die suiker en botter by en verhit tot kookpunt terwyl stadig geroer word. Prut tot verdik en gaar. Verwyder van die hitte en roer die vanielje- en amandelgeursel en eiergele by. Skep die kaneelstok uit en gooi weg. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou by die melktertpap in. Verdeel die vulsel tussen die tertborde en bak vir 30-40 minute tot gaar en goudbruin. Haal uit die oond, laat effens afkoel en sprinkel kaneel oor elke tert.