Maar die hoender op sy eie maak net so ’n lekker ete. Ek sit lekker baie avokado by en het dit onlangs, soos op die foto, in halwe uitgeholde avokado’s voorgesit, wat die perfekte porsiegroottebakkie vorm. Maak seker jy koop Hass- of Pinkerton-avokado’s as jy die hoender in die halwe skille wil voorsit omdat jy ’n avokado met ’n dik, harde skil nodig het.

45 ml olie 500 g hoenderborsies, in baie klein repies gesny

2 rooi brandrissies, ontpit en fyngekap

10 ml komyn

10 ml koljander

5 ml paprika

1 blik (410 g) heelpitmielies, gedreineer

2-3 ryp avokado’s, gehalveer

80 ml vars koljanderblare, fyngekap

Sout en varsgemaalde swartpeper

Vars suurlemoenwiggies, om voor te sit

125 ml suurroom, om voor te sit

Verhit die olie en braai die hoenderrepies, brandrissie, komyn, koljander en paprika daarin tot die hoender gaar is. Voeg die mielies by en braai tot deurwarm.

Skep die avokado uit die doppe en sny in baie klein blokkies. Voeg die avokadoblokkies saam met die koljanderblare by die hoender en geur met sout en peper. Sit voor met vars suurlemoen en suurroom.

Lewer 4 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.