¦ 30 ml olyfolie

¦ 1 ui, fyn gekap

¦ 2 groot wortels, geskraap en in dun repies gesny

¦ 2 knoffelhuisies, fyn gedruk

¦ 3 ml komyn

¦ 3 ml brandrissievlokkies

¦ 250 ml witrys

¦ 625 ml hoenderaftreksel

¦ 125 ml tamatiepuree

¦ 500 g gerookte varkwors, gebraai en in hapgrootte stukkies gesny

¦ 250 ml bevrore ertjies

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die ui en wortels daarin tot sag. Voeg die knoffel, komyn, brandrissievlokkies en rys by en braai vir ongeveer 2 minute. Meng die aftreksel en tamatiepuree en voeg dit by die rys.

Verhit tot kookpunt en laat prut vir ongeveer 12 minute, of tot die rys amper gaar is. Voeg die stukkies wors en ertjies by en laat prut verder tot die rys netnet gaar is. Bedek en laat staan vir 5-10 minute voor jy die gereg voorsit. Lewer 6 porsies.