• 1 pak (250 g) spekvleis, baie fyn gesnipper
  • 340 ml bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 2 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
  • 5 ml elk gerookte paprika en strooisuiker
  • 2 eiers 125 ml melk
  • 1 blik (340 g) heelpitmielies
  • 45 ml vars koljanderblare, fyn gekap
  • 1 wiel fetakaas, baie fyn gekrummel
  • Olie, vir braai

Braai die spek in ’n droë pan tot gaar en bros. Dreineer op kombuispapier en laat eenkant afkoel.

Meng die bruismeel, bakpoeier, sout, vars gemaalde swartpeper, paprika en suiker saam in ’n groot bak. Klits die eiers en melk saam en roer die mielies, koljanderblare, gekrummelde feta en gaar spek by. Voeg by die droë bestanddele en meng tot ’n dik beslag vorm.

Braai teelepels vol in warm olie tot goudbruin aan albei kante en deurgaar. Dreineer op kombuispapier. Sit die poffertjies warm voor met brandrissiesous.

Lewer 40 poffertjies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.