250 ml fyngekerfde rooikool

250 ml kleingesnyde broccoliblommetjies

250 ml kleingesnyde blomkoolblommetjies

2 wortels, geskraap en grofgerasper

250 ml grofgekrummelde fetakaas

100 g geroosterde pekanneute, grofgekap

375 ml vars bloubessies

125 ml pitlose rosyne

60 ml gekapte vars pietersielie

Slaaisous

125 ml mayonnaise

125 ml suurroom of natuurlike jogurt

30 ml appelasyn

30 ml dijonmosterd

3 ml elk sout en swartpeper

Skeut suurlemoensap

100 ml mengsel van geroosterde sade van jou keuse

Meng al die bestanddele vir die slaai saam. Bedek en verkoel. Meng die bestanddele vir die slaaisous saam. Voeg die slaaisous net voor ete by die slaaibestanddele en meng liggies deur. (Moenie die slaai te lank laat staan voor dit voorgesit word nie; die rooikool sal die slaaisous pienk verkleur.) Sprinkel die geroosterde sade net voor opdiening oor. Lewer 8 porsies.