1 kg (ongeveer 4 groot) lemoene

2 liter water

Ongeveer 2,4 kg witsuiker

60 ml whisky

Halveer die lemoene en sny met skil en al in baie dun skyfies (hou die pitte). Plaas die pitte en 250 ml van die water in ’n bakkie, bedek en laat staan eenkant.

Plaas die gesnyde vrugte in ’n groot bak en giet die res van die water oor. Laat staan die twee bakke oornag.

Giet die pitte se weekwater in die bak met die gesnyde vrugte en gooi die pitte weg. Verhit alles stadig in ’n kastrol tot kookpunt. Bedek en laat prut saggies vir 1 uur of tot die vrugte sag is.

Laat een koppie suiker vir elke koppie vrugtemengsel toe. Voeg die suiker by en roer, sonder om te kook, tot gesmelt. Verhit tot kookpunt en laat prut onbedek vir 40-60 minute of tot die marmelade ’n jellie vorm as ’n bietjie op ’n koue piering geskep word.

Laat staan vir 5 minute, roer die whisky by en giet dan die warm konfyt in gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.

Lewer 2,5 liter marmelade

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.