300 g lintnoedels van jou keuse

30 g botter

15 ml olyfolie

1 prei, fyn gesny

250 g liggaar steak, in dun repies gesny

30 ml pietersielie, fyn gekap

Sap en skil van 1 klein suurlemoen

2 knoffelhuisies, grof gekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties

125 ml room

Knippie suiker

Sout en vars gemaalde swartpeper

200 ml gerasperde parmesaankaas

Kook die pasta in vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm.

Terwyl die pasta kook, verhit die botter en olyfolie en braai die prei daarin tot sag. Voeg die steakrepies by, asook die pietersielie, sap en skil van die suurlemoen, knoffel en tamaties.

Roer die room en ’n bietjie suiker deur die sous. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Dreineer die pasta. Meng die steak-en-tamatiesous met die gaar pasta. Sit voor saam met parmesaankaas. Lewer 4 porsies.