Skep hierdie romerige pesto oor pasta, gebakte aartappel of op vars, korserige brood. Die avokado maak dit ryk en gee ’n fluweeltekstuur daaraan en die olywe sorg vir ’n diep, sout smaak – heerlik.

Bestanddele

50 g geroosterde, ongesoute kasjoeneute
Groot hand vol vars basiliekruidblare, grof gekap
Sap van 1 groot suurlemoen
100 g ontpitte groen olywe, grof gekap
100 ml gerasperde parmesaankaas
3 ml fyngemaalde swartpeper
Olyfolie
1 ryp avokado, grof gesnipper

Sit die neute, basiliekruid, suurlemoensap, olywe, kaas en peper in ’n voedselwerker en pols tot fyn. Voeg nou olyfolie in ’n dun straaltjie deur die voedselverwerker se voerbuis by, terwyl die menger stadig loop, tot die pesto die regte tekstuur het. Voeg die avokado by en pols tot gemeng. Skep uit in ’n lugdigte houer en bêre in die yskas. Lewer ongeveer 310 ml pesto.