125 g botter

125 ml ligbruinsuiker

250 g ontpitte dadels, baie fyn gesnipper

150 g (ongeveer driekwart-pakkie) Mariebeskuitjies, fyngekrummel

750 ml Rice Krispies

10 ml vanieljegeursel

Sowat 375 ml fyn klapper, vir rol

Verhit die botter en suiker oor lae hitte in ’n kastrol en roer tot die suiker gesmelt is. Voeg die dadels by en verhit, terwyl geroer word, tot kookpunt. Laat prut vir 1-2 minute, bedek die kastrol en laat staan vir 10 minute.

Haal die deksel af (die dadels behoort nou lekker sag te wees) en roer die koekiekrummels, Rice Krispies en vanieljegeursel by. Meng tot alles goed deurgemeng is.

Laat die mengsel effens afkoel en rol dan met jou hande in balletjies. Rol elke balletjie in fyn klapper tot dit eweredig bedek is. Bêre in ’n lugdigte houer.

Lewer ongeveer 30 koekies