• 1 kg hoenderporsies
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 125 ml volvet-mayonnaise
  • 125 ml blatjang
  • 15 ml gladde appelkooskonfyt
  • 15 ml sterk kerriepoeier
  • 30 ml vars suurlemoensap
  • Gekapte, vars pietersielie of koljanderblare en geroosterde klapper, om af te rond

Voorverhit die oond tot 180 °C. Pak die hoenderporsies in ’n enkellaag in ’n oondbak en geur met sout en swartpeper. Meng die res van die bestanddele, behalwe die pietersielie of koljanderblare, goed en giet oor die hoender. Bedek met foelie en bak vir 40 minute.

Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20-30 minute, tot die hoender goudbruin en die sous borrelend en lekker dik is. Sprinkel pietersielie of koljander en geroosterde klapper oor voor jy dit voorsit. Bedien met rys en tamatie-en-uieslaai.

Lewer 4-6 porsies

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.