1 groot heel hoender

Sitrusmarinade

10 ml komyn
10 ml koljander
3 ml rissievlokkies
3 ml paprika
125 ml vars uitgedrukte lemoensap
80 ml heuning
30 ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
Sout en vars gemaalde swartpeper

Verwyder die hoender se binnegoed en enige oortollige stukke sigbare vet. Draai die hoender op sy bors. Knip weerskante van die rugbeen met ’n skerp kombuisskêr en verwyder die been. Draai die hoender om en druk die borsbeen met jou hand plat. Sit die plathoender in ’n groot, verseëlbare plastieksak.

Rooster die komyn, koljander en rissievlokkies in ’n pan tot geurig. Verwyder van die hitte. Roer die paprika, lemoensap, heuning, olyfolie en knoffel by. Meng goed. Giet oor die hoender in die sakkie en verseël lugdig. Laat die hoender in die yskas marineer vir minstens 2 uur, maar verkieslik oornag. Voorverhit die oond tot 190 ºC.

Haal die hoender uit die sakkie en sit dit in ’n roosterbak. Geur goed met sout en peper. Bedruip met die marinade uit die sakkie. Oondrooster vir ongeveer 70 minute of tot deurgaar en goudbruin. (As die hoender te donker raak, bedek met foelie. As die marinade te min raak of onder in die bak wil brand, gooi ’n bietjie water by.) Lewer 6 porsies.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.