12 hoenderstukke

250 ml rooiwynasyn

250 ml soetwyn 

125 ml tamatiesous

60 ml worcestersous

60 ml geelsuiker

5 ml fyngekapte knoffel

Sout en peper na smaak

Pak die hoenderstukke in ’n enkellaag in ’n oondvaste nie-metaalbak. Meng die res van die bestanddele saam en giet oor die hoender (maak seker elke hoenderporsie is goed met die marinade bedek).

Bedek en verkoel vir ongeveer 3 uur. Haal die hoender uit die yskas sodat dit kamertemperatuur bereik. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bak die hoender onbedek vir ongeveer 60 minute.

Lewer 6 porsies.