• 500 g maer beesmaalvleis
  • 2 snye witbrood, in melk geweek
  • 1 beesblokkie, aangemaak met 125 ml kookwater
  • 2 wortels, gerasper
  • 1 ui, fyn gerasper
  • 1 geklitste eier
  • 50 ml blatjang
  • 25 ml bruinasyn
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 5 ml paprika
  • 5 ml fyngekapte, vars pietersielie
  • Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml room
  • 250 ml koekmeel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die maalvleis met die fyngedrukte brood-en-melkmengsel, aftreksel, fyngerasperde wortels, ui, eier, blatjang, asyn, mosterdpoeier, paprika, pietersielie, sout en swartpeper na smaak. Giet 125 ml van die room onder in ’n oondbak.

Rol die vleismengsel in bolletjies en rol elke frikkadel in koekmeel. Pak die frikkadelle op die room en giet die res van die room oor. Bedek en bak vir 15 minute. Haal die deksel af en bak vir ’n verdere 15 minute tot die frikkadelle deurgaar en die roomsous lekker verdik is.

Lewer 4-6 porsies