Hierdie suikerkoekies is ’n groot gunsteling.

¦ 250 g botter or margarien, teen kamertemperatuur

¦ 375 ml suiker

¦ 2 eiers, geklop

¦ 700 ml koekmeelblom

¦ 10 ml kremetart

¦ 5 ml koeksoda

¦ 2 ml sout

¦ Kleursprinkels

Verroom die botter en suiker saam. Voeg die eiers by en meng goed. Sif die koekmeelblom, kremetart, koeksoda en sout saam op die eiermengsel en meng tot ’n sagte deeg.

Bedek en laat oornag in die yskas.

Voorverhit die oond die volgende dag tot 180 °C en smeer ’n paar bakplate liggies.

Rol die deeg tussen jou handpalms in balletjies (so groot soos okkerneute). Druk elke balletjie halfpad in die kleursprinkels en plaas hulle dan ’n entjie uit mekaar op die bakplate. Druk elke balletjie effens platter met jou vinger.

Bak die koekies ongeveer 15-20 minute (of tot begin verbruin) op die middelste oondrak.

Laat hulle effens op die bakplate afkoel en plaas dan op ’n draadrak om heeltemal koud te word.

Lewer 6 dosyn koekies.