• 4 x 250 ml (4 k) witbroodmeel
  • 1 pakkie (10 g) kitsgis
  • 5 ml kaneel
  • 10 ml gemengde speserye
  • 3 ml neutmuskaat
  • 3 ml fyn kardemom
  • 45 ml strooisuiker
  • 5 ml sout
  • 100 g rosyne of sultanas, vir 10 minute in kookwater geweek
  • Fyngerasperde skil van 2 lemoene
  • 250 ml warm melk
  • 1 ekstragroot eier
  • 3 ml vanieljegeursel
  • 60 ml gesmelte botter

Kruis

60 ml koekmeel Koue water

Glaseersel

100 ml marmelade 30 ml kookwater 45 ml whisky Meng die meel, gis, speserye, suiker en sout in ’n groot mengbak en voeg die gedreineerde rosyne en fyngerasperde skil by. Meng goed. Klits die melk, eier, vanieljegeursel en botter liggies saam en voeg dit by die droë bestanddele.

Meng tot ’n deeg vorm. Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Knie dit vir ongeveer 10 minute tot glad en elasties. Sit die deeg in ’n bak wat goed met olie gesmeer is en bedek dit losweg. Laat rys die deeg vir ongeveer 2 uur op ’n warm plek, tot die volume daarvan min of meer verdubbel het.

Knie die deeg af en verdeel in 12 ewe groot stukke. Rol elke stuk in ’n bolletjie en pak die bolletjies in ’n middelslag-oondpan (losweg langs mekaar, nie styf teen mekaar nie). Bedek weer liggies en laat rys tot die pan volgerys is. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die koekmeel met ’n bietjie koue water tot dit net-net slap genoeg is om met ’n spuitsak te kan spuit.

Spuit kruise op die rolletjies. Bak die Paasbolletjies vir ongeveer 20 minute tot deurgaar en goudbruin. Verhit die marmelade, water en whisky tot kookpunt en prut vir ’n minuut of twee. Giet deur ’n sif en gebruik die glaseersel om oor die Paasbolletjies te verf sodra hulle uit die oond kom. Sit louwarm of teen kamertemperatuur voor met botter.

Lewer 12 bolletjies

Teken HIER vir ons kosnuusbrief in en ontvang elke twee weke 'n gratis nuusbrief met heerlike resepte en artikels.