Poffers
750 g gaar pampoen, goed fyn gedruk
Knippie sout
2 eiers, geklits
500 ml bruismeel
Olie, vir diepbraai
Stroop
500 ml witsuiker
250 ml water
125 ml melk
45 ml botter
Knippie sout
10 ml mielieblom
15 ml koue water
5 ml fyn kaneel
Klits die pampoenmoes, sout, eiers en meel saam. Braai teelepelsvol in warm olie tot opgepof en goudbruin. Skep uit met ’n gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en hou warm. Vir die stroop: Verhit die suiker, water, melk, botter en sout saam tot kookpunt. Meng die mielieblom, kaneel en water en roer by die stroop. Prut, terwyl geroer word, tot effens verdik en giet oor die poffertjies. Sit warm voor. Lewer 40 poffertjies.
Teken HIER vir ons kosnuusbrief in en ontvang elke twee weke ‘n gratis nuusbrief met heerlike resepte en artikels.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier