300 ml koekmeelblom
1 ml sout
3 ekstragroot eiers
250 ml melk
125 ml water
15 ml brandewyn
15 ml gesmelte botter

Sif die meel en sout saam. Maak ’n holte in die middel. Klits die eiers, melk en water goed saam en voeg by die droë bestanddele. Klits stadig om te meng en dan vinniger tot ’n gladde beslag vorm. Roer die brandewyn en gbotter by en laat staan vir 30 minute. Giet ’n dun lagie van die beslag in ’n klein pan wat met ’n bietjie botter of olie gesmeer is.

Braai oor matige hitte vir 1 minuut of tot borrels op die oppervlak verskyn, draai om en braai tot gaar aan die ander kant. Herhaal en hou eenkant warm. Sit warm voor met lemoenstroop (resep hieronder) en ’n skeppie geklopte room. Lewer 16 klein pannekoekies.

Lemoenstroop

Verhit 90 ml botter, 180 ml strooisuiker en die sap en fyngerasperde skil van 3 lemoene saam tot kookpunt en prut tot verdik. Voeg 180 ml lemoenlikeur en ’n skeut vars suurlemoensap by. Verwyder van die hitte, roer 45 ml botter by tot gesmelt en skep die stroop oor die pannekoeke.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.