Dit herinner nogal aan salami. Dit is deesdae by die meeste supermarkte beskikbaar, maar as jy dit nie in die hande kan kry nie, vervang dit met spekvleis of salami.

¦ 500 g pasta van jou keuse

¦ Olyfolie, vir braai

¦ 1 ui, in wiggies gesny

¦ 2 knoffelhuisies, fyn gekap

¦ 150 g cabanossi, in stukkies gesny

¦ 500 g gemende sampioene, gesnipper

¦ 30 ml koekmeel

¦ 500-625 ml warm melk

¦ 100 g bloukaas, gekrummel of dun gesny

¦ Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

¦ Gekapte, vars kruie, soos vinkeltakkies of grasuie, om oor te sprinkel

Kook die pasta in ’n groot pot met vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm.

Terwyl die pasta kook, verhit olyfolie in ’n pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel en stukkies cabanossi by en braai tot geurig. Voeg die sampioene by en braai tot gaar en nie meer waterig nie.

Sprinkel die koekmeel oor en verhit, terwyl jy roer, tot die mengsel borrel. Voeg die melk by en verhit, terwyl jy steeds roer, tot die sous begin kook en effens verdik. Dreineer die gaar pasta en voeg dit by die sous.

Krummel die helfte van die bloukaas by en roer dit deur sodat in die sous smelt. Net voor jy die pasta voorsit, sprinkel die kruie en die res van die bloukaas oor. Lewer 6 porsies.