125 g botter
200 ml klam bruinsuiker
2 ekstragroot eiers
250 ml gaar, fyngedrukte patat
250 ml ingelegde gemmerstukke, fyn gekap
60 ml gemmerstroop (uit die potjie met gemmerstukke)
500 ml bruismeel, gesif
100 g okkerneute, gekap
5 ml fyn kaneel
1 ml sout
Versiersel
310 ml versiersuiker, gesif
Appelsap
6-8 ekstra okkerneute, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ringkoekpan van 22 cm. Verroom die botter en suiker goed saam tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die patats, gemmerstukkies en -stroop by en roer deur. Meng die bruismeel, neute, kaneel en sout by en roer tot ’n beslag. Skep in die voorbereide pan en bak vir 40-50 minute tot gaar. Laat effens in die pan afkoel en keer uit.
Vir die versiersel: Meng die versiersuiker met net genoeg appelsap om ’n dik drupversiersel te maak. Drup dit oor die afgekoelde koek en sprinkel neute bo-oor. Lewer 1 middelslag-ringkoek.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET
LANDBOUWEEKBLAD EN NETWERK24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier