Peppermint Crisp-tert is sy gunsteling- Suid-Afrikaanse nagereg en daardie jaar het ons dit vir Kersfees in roomys omskep. Dié nagereg is nou ’n familieinstelling.

2 blikke (380 g elk) karamelkondensmelk

250 ml yskoue volroommelk

10 ml karamelgeur-kitspoedingpoeier

250 ml room, saggeklits

2 stafies (49 g elk) Peppermint Crispsjokolade, fyngekap

Klits die karamelkondensmelk tot glad. Voeg die melk en kitspoedingpoeier by en klits vir 3 minute tot dit begin verdik. Voeg die saggeklopte room by en klits vir 5 minute tot lig en donsig.

Voeg die fyngekapte sjokolade by en klits tot goed gemeng. Skep in ’n geskikte bak, bedek en vries. Sit voor in suiker-roomyshorinkies of in bakkies met louwarm sjokoladesous en fyngekapte Peppermint Crisp-sjokolade oorgesprinkel. Lewer sowat 1 liter roomys.