4 perskes, gehalveer en ontpit

2 hande vol gemengde slaaiblare en kruie van jou keuse

100 g parmaham of prosciutto

250 g ricotta, gekrummel

Kruieslaaisous

45 ml olyfolie

45 ml suurlemoensap

30 ml druiwesap

1 knoffelhuisie, baie fyn gerasper

Sout en vars gemaalde swartpeper

5 ml fyngekapte kruisement

5 ml fyngekapte, vars bronkors

5 ml fyngekapte, vars basiliekruid

15 ml fyngekapte, vars pietersielie

Skil die perskes (indien dit nie gladdeskilperskes is nie) en sny in wiggies. Maak ’n riffelpan rookwarm sonder enige olie en skroei die perskewiggies daarop sodat jy die swart hale mooi kan sien. S

kep uit en hou eenkant tot goed afgekoel. Sprinkel die slaaiblare op ’n opdienbord en pak hopies parmaham saam met die perskewiggies oraloor die blare.

Sprinkel ricotta mildelik oor. Klits alles vir die slaaisous saam en skep net voor ete oor die slaai. Lewer 3 porsies.