560 ml koekmeel

375 ml strooisuiker

15 ml bakpoeier

5 ml sout

125 ml olie

5 eiergele

80 ml koue water

250 ml fyngedrukte, ryp piesang

5 ml vanieljegeursel

7 eierwitte

3 ml kremetart

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sif die meel, strooisuiker, bakpoeier en sout drie keer saam. Maak ’n holte in die middel en voeg die olie, ongeklitste eiergele, water, piesangmoes en vanieljegeursel in daardie volgorde by. Klop tot glad.

Klits die eierwitte en kremetart in ’n groot, skoon glas- of metaalbak tot stywe punte vorm. Voeg ’n lepel vol eierwit by die koekbeslag en roer deur. Vou nou die res van die eierwit versigtig by die beslag in. Skep die beslag in ’n sjiffonpan van 24 cm en bak vir 65-75 minute tot gaar. Keer die pan versigtig om en laat so onderstebo afkoel.

Sodra die pan koud genoeg is dat jy daaraan kan vat, maak die koek se kante met ’n mes los en keer op ’n draadrak uit. Laat heeltemal afkoel. Die koek is heerlik net so, maar jy kan dit versier met ’n drup- of roomkaasversiersel. Dis ook lekker met karamelkondensmelk oorgesmeer.

Lewer 1 groot koek

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.