3 ryp, maar stewige piesangs

2 teelepels mieliemeelblom

2 eetlepels suiker

Halwe koppie vars lemoensap

1 eetlepel botter

1 eetlepel bruinsuiker

Kwart koppie klapper

Skil die piesangs en sny in die lengte deur en rangskik in ’n gesmeerde bakskottel.

Meng die mieliemeelblom, suiker en lemoensap. Gooi die mengsel oor die piesangs.

Sit stukkies botter bo-op en strooi die bruinsuiker en klapper oor. Bak 30 minute of tot die piesangs sag en die sous taamlik dik is.

Dien met vla op.

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe. Volg ons op WhatsApp om daaglikse landbounuus op jou selfoon te ontvang.