1 pakkie (200 g) Tennisbeskuitjies

100 g botter, gesmelt

Vulsel

1 liter melk

5 ml vanieljegeursel

2 ml amandelgeursel

30 ml botter

250 ml suiker

50 ml mielieblom

20 ml vlapoeier

2 eiers

Krummel die beskuitjies fyn en meng met die gesmelte botter. Skep in ’n voorbereide tertbord en druk dit in die tertbord vas. Verkoel die kors tot benodig. Vir die vulsel: Verhit 750 ml van die melk saam met die vanielje- en amandelgeursel in ’n kastrol tot net onder kookpunt. Voeg die botter by en laat dit in die melk smelt.

In ’n aparte bakkie, meng die suiker, mielieblom en vlapoeier met die orige 250 ml melk. Voeg die eiers by en klits goed. Voeg ’n bietjie van die warm melkmengsel by die eiermengsel en meng. Sit die melk terug op die stoof en giet die eiermengsel daarby, terwyl aanhoudend geroer word. Verhit die melktertpap tot kookpunt, terwyl jy liggies klits. Prut, terwyl jy roer of klits, tot verdik en gaar. Giet die vulsel in die kors en smeer gelyk. Sprinkel fyn kaneel mildelik oor en laat afkoel tot kamertemperatuur.