3 kg beesstert, in litte gesny

Koekmeel, om vleis te bestuif

Botter en olie, vir braai

6 groot uie, in ringe gesny

4 knoffelhuisies, fyngedruk

90 ml suiker

2 pakkies (500 g) sampioene, in kwarte gesny

5 ml mosterdpoeier

10 ml sout en geursout na smaak

10 ml vars gemaalde swartpeper

2 pakkies (50 g elk) tamatiepasta

500 ml goeie rooiwyn

1 kg babawortels

1 kg baba aartappels

1 pakkie (50 g) beesstert-geur soppoeier

500 ml water

45-60 ml gekapte vars pietersielie

Voorverhit die oond tot 160°C. Bestuif die vleis met koekmeel en skud alle oortollige meel af. Verhit ’n bietjie botter en olie in ’n groot swaarboomkastrol en braai die beesstert in lotte daarin tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.

Smelt nog ’n stukkie botter in dieselfde kastrol en voeg ’n bietjie olie by. Braai die uie daarin tot gaar en goudbruin. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Skep die vleis terug in die kastrol.

Meng die mosterdpoeier, sout en geursout, peper, tamatiepasta en rooiwyn en giet oor die vleis in die kastrol. Bedek die kastrol met ’n oondvaste deksel (of met ’n dubbele laag dik aluminiumfoelie) en bak vir ongeveer 3 ½ - 4 uur. (Die vleis moet amper sag wees.)

Voeg die wortels en aartappels by. Maak die beesstert-geur soppoeier met die water aan die voeg by. Meng liggies deur. Bedek die kastrol weer en sit dit terug in die oond. Bak vir ’n verdere 30-50 minute, tot die groente gaar is.

Braai die sampioene in nog ’n bietjie botter tot gaar en voeg dit by. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper en sprinkel pietersielie oor net voor die beesstert voorgesit word. Lewer 8 -10 porsies.

Pekanneut-tert met karamel

4 eiers

250 ml suiker

1 pakkie (200 g) Mariebeskuitjies, fyngemaak

200 g pekanneute, fyn gekap

20 ml bakpoeier

1 blik (380 g) karamelkondensmelk

250 ml room

5 ml kaneel

25 ml versiersuiker

Heuning

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n losboomkoekpan van 20 cm met olie of spuit goed met kleefwerende kossproei.

Klits die eiers goed tot lig en skuimerig. Voeg die suiker by en klits vir ongeveer 10 minute tot liggeel en dik. Voeg die fyn Mariebeskuitjies, neute en bakpoeier by en vou dit versigtig by die eiermengsel in. Skep die mengsel in die voorbereide pan en bak vir ongeveer 20 minute, tot deurgaar. Laat vir ‘n paar minute in die pan afkoel en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.

Sodra die tert se basis kamertemperatuur bereik het, smeer die karamelkondensmelk bo-oor. Klits nou die room en versiersuiker styf en smeer dit bo-oor die karamel. Sprinkel ’n bietjie kaneel oor en drup heuning bo-oor. Sit voor met koffie of tee. Lewer 12 porsies.