Smeerkors

·         62,5 ml sagte botter

·         1 eiergeel

·         250 ml koekmeel

·         5 ml bakpoeier

·         125-150 ml melk

 

Vulsel

·         875 ml melk

·         125 ml botter

·         3 eiers, geskei

·         200 ml suiker

·         50 ml melk

·         5 ml vanieljegeursel

·         100 ml mielieblom

·         100 ml koekmeel


·         Kaneel

 

Kors: Klits ál die bestanddele vir die smeerkors saam tot glad en smeerbaar. Smeer die mengsel op die boom en teen die kante van ’n groot tertbord. Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vulsel: Verhit die 875 ml melk en die botter saam tot net onder kookpunt. Klits die eiergele en suiker goed saam tot lig en dik. Voeg die 50 ml melk, vanieljegeursel, koekmeel en mielieblom by en klits weer goed deur. Voeg van die warm melk by die eiergeelmengsel en roer deur. Giet alles terug in die kastrol en verhit die melkmengsel, terwyl jy roer, tot kookpunt. Prut die melktertpap vir ongeveer 5 minute. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Klits die eierwitte styf en vou dit by die melktertpan in. Giet die pap op die smeerkors. Sprinkel ’n bietjie fyn kaneel oor en bak vir ongeveer 30 minute tot goudbruin en deurgaar.

Lewer 10 porsies.