Bestanddele

3 Forelpere, in dun skyfies gesny

15 ml olyfolie en heuning

4 stele seldery, fyn gesnipper

125 ml dungesnyde appelrol

80 g geroosterde okkerneute, grof gekap

Slaaisous

45 ml suurlemoensap

30 ml elk lemoensap en appelstroop (cordial)

5 ml elk heelkorrelmosterd, goeie mayonnaise en heuning

80 ml kanola-olie

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die peerskyfies op ’n bakplaat, drup olyfolie en heuning oor en oondrooster tot die pere halfgaar is, maar steeds tekstuur het.

Meng die peerskyfies met die seldery, appelrol en neute. Meng ál die bestanddele vir die slaaisous goed saam. Klam die slaai daarmee aan en sit voor. Lewer 4 porsies.

Droë-appelrol

Skil en ontkern ’n paar kilogram appels. Weeg die appelstukke en voeg 10% van die appels se gewig in suiker by. (As die gewig van die appelstukke dus 2 kg is, voeg 200 g suiker by.) Voeg 3 ml wynsteenstuur en 5 ml suurlemoensap vir elke 1 kg appels by.

Verhit alles tot kookpunt en prut oor lae hitte tot dit ’n dik moes vorm. Voer ’n groot skinkbord met bakpapier uit en smeer liggies met botter of spuit met kleefwerende kossproei. Skep die appelmoes op die bakpapier en smeer gelyk sodat dit ’n lagie van ongeveer 2-3 mm dik is.

Sondroog die appelmoes onder ’n net (om dit teen insekte te beskerm) vir ongeveer drie dae of tot dit droog genoeg is om op te rol. Lig dit versigtig met ’n mes op, trek die waspapier af en rol dit op. Bêre die appelrolle lugdig verpak in die yskas.

Plaaskombuis word Woensdae om 17:30 op Via (kanaal 147 op DStv) uitgesaai met ’n heruitsending Sondae om 17:00. Die reeks word aangebied met die samewerking van Landbouweekblad.