7 x 250 ml witbroodmeel 

10 ml elk sout, suiker en vinkelsaad 

1 pakkie (10 g) kitsgis 

Ongeveer 750 ml louwarm water 

100 ml olyfolie 

500 ml pitlose, rooi druiwekorrels 

125 g camembert 

Ekstra olyfolie 

Seesout en vars gemaalde swartpeper 

60 ml heuning 

1 klein vinkelbol, fyn gesny 

Meng die meel, sout, suiker, vinkelsaad en  gis in ’n groot bak. Meng die warm water  en olyfolie saam en voeg 600 ml daarvan  by die droë bestanddele. Maak aan tot ’n  sagte deeg (voeg nog van die vloeistof by  as dit nodig is om die deeg sagter te maak).  Knie die deeg vir ongeveer 10 minute tot  dit nie meer aan jou hande vassit nie.

Sit  die deeg in ’n gesmeerde bak, bedek losweg  met kleefplastiek en laat staan die bak  op ’n warm plek sodat die deeg kan rys.  Sodra die deeg verdubbel het in volume,  knie dit af en verdeel in twee gelyke dele.  Voorverhit die oond tot 200 °C en voer  twee groot bakplate met bakpapier uit. 

Spuit die bakpapier liggies met kleefwerende  kossproei en sif ’n dun lagie witbroodmeel  oor. Druk elke stuk deeg so plat  moontlik met jou hande en sit dit op die  bakplate. Druk die druiwekorrels en die  kaas ook effens in die deeg met jou vingerpunte.  Bedruip die deeg liggies met olyfolie  en geur met sout en peper.

Bak vir  ongeveer 20 minute of tot deurgaar. Haal  uit die oond en drup 2 eetlepels heuning  oor elke brood.  Lewer  2 groot platbrode.