Hierdie piekel is so lekker dat jy dit net so op sy eie sal wil opeet. Dit smaak op sy beste by koue vleis, soos gerookte, sout varkboud of beestong.

¦ 310 ml wit druiweasyn

¦ 8 swart peperkorrels

¦ 8 wonderpeperkorrels

¦ 3 ml anyssaad

¦ 2 heel steranyssade

¦ 1 kaneelstok

¦ 500 ml suiker

¦ 1,2 kg donkerrooi ferm pruime, gehalveer

Verhit die asyn, speserye en suiker stadig oor lae hitte tot die suiker heeltemal opgelos is en verhoog dan die hitte tot die vloeistof kookpunt bereik. Kook die vloeistof vir ongeveer 3 minute en voeg die pruime by.

Laat kook die pruime vir 5 tot 8 minute en verwyder die kastrol van die hitte. Laat die pruime in die piekelvloeistof afkoel. Bottel en verseël. Lewer 3 groot flesse pruimpiekel.