Plaatkoekies

500 ml (2 k) koekmeel

4 ml (¾ t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) koeksoda

62,5 ml (¼ k) strooisuiker

4 ml (¾ t) sout

10 ml (2 t) suurlemoenskil

2 groot eiers

62,5 ml (¼ k) suurlemoensap

375 ml (1½ k) melk

250 ml (1 k) ricottakaas

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

50 ml canola-olie

Om voor te sit

2 ryp piesangs

50 g botter

50 g suiker

100 ml heuning

Vir die plaatkoekies: Sif die meel, bakpoeier, koeksoda, strooisuiker en sout saam en voeg die suurlemoenskil by. Klits die eiers en voeg die suurlemoensap, melk, ricottakaas en vanieljegeursel by. Meng goed en voeg by die droë bestanddele.

Verhit die canola-olie in ’n pan tot warm. Skep lepels vol van die beslag in die pan. Wanneer borreltjies vorm, draai om. Herhaal met die res van die beslag.

Om voor te sit: Skil die piesangs en sny in die lengte middeldeur. Braai die piesanghalwes in die botter en suiker tot gekaramelliseer. Sit die plaatkoekies voor met die piesangs en lekker baie heuning.

Lewer 4 porsies