30 ml (2 E) olyfolie

6 stukke bladspek, fyn gesnipper

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 ui, in dun wiggies gesny

1 rooi brandrissie, ontpit en baie fyn gesny

4 x 250 ml (4 k) gaar bruinrys

1 x 420 g blik heelpitmielies, gedreineer

2 x 170 g tuna in olie, gedreineer

60 ml (¼ k) sojasous

60 ml (¼ k) soetrissiesous

80 ml (1/3 k) gekapte, vars koljander

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olie in ’n wok of groot, diep pan en braai die spek bros. Skep uit op kombuispapier en hou eenkant. Braai die knoffel, ui en brandrissie vinnig in dieselfde pan tot gaar.


Voeg die rys by en braai vir drie minute. Voeg die mielies en tuna by en verhit tot deurwarm. Roer nou en dan. Voeg laastens die spek, sojasous en rissiesous by en roerbraai tot stomend warm. Roer die vars koljander by en geur met sout en peper na smaak. Sit dadelik voor.


Lewer ses porsies.


Landbouweekblad, 19 Maart 2010